Vroeƫ Chileense druiwe-oes 65 laer
Inligtingsdiensverskaffer Decofruit se vooruitskatting is dat oesvolumes van pitlose druiwe in Atacamaand Coquimbo 17K MT laer as in die vorige jaar sal wees
Lees meer...
Handel
Produsent
 
 
 
 
 
Location Map

Daar is vyf belangrike produksiestreke in Suid-Afrika en die verskil in grond en klimaat stel produsente in staat om die internasionale markte van November tot Mei te voorsien. Die vroeë seisoen word oorheers deur produkte uit die Noordelike Provinsie en die valleie van die Oranje- en Olifantsriviere, gevolg deur druiwe uit die Bergriviervallei. Die seisoen loop ten einde met voorraad uit die Hexriviervallei, ‘n streek waar laatseisoense variëteite gedy.

Noordelike Provinsie

Die Bosveld, geleë noord en wes van Suid Afrika se bekende goudvelde, produseer Suid Afrika se vroegste druiwe vanaf November tot mid-Desember. Druiwe produsente het hul wingerde aangelê in die gematigde sub-tropiese gebiede, slegs ‘n hanetree vanaf Afrika se groot vyf – Olifante, Leeus, Renosters, Buffels en Luiperds. Die vroeë somer en warm klimaat kombineer hier om vroeg seisoen variëteite tot vrug te bring.

Oranje Rivier

Uitsonderlike soetheid vanaf die woestynland! Water vanuit die magtige Oranje Rivier, sonnige wintersdae, dorre somers en wingerde wat floreer in die ryk woestyngronde kombineer om die soetste druiwe denkbaar te produseer. Thompson Seedless, Sugraone en Flame Seedless lewer die grootste deel van die oes, terwyl Prime, Regal Seedless en Crimson Seedless in al groter wordende hoeveelhede produseer word.

Olifants Rivier

Olifante het toentertyd wild in hierdie vallei rondgeloop. Die rivier het sy oorsprong in die blomryke Sederberge, van waar suiwer berg water deur die geil valleie en klowe vloei alvorens dit die beroemde Namakwalandse Weskus bereik.

Bergrivier Vallei

Die starre pieke van die Du Toitskloof berge staan wag oor die Bergrivier Vallei, een van Suid Afrika se voorste druiwe produksie gebiede, en ‘n valley vol ryke historiese skate wat terug dateer vir meer as 350 jaar. Die Bergrivier skenk die water terwyl die Kaap se beroemde gematigde Mediterreense klimaat  bydra om mid-seisoen druiwe van uitstaande gehalte te produseer – Red Globe, La Rochelle, Bonheur, Thompson Seedless asook die ou bekende, Alphonse Lavalleé.

Hex Rivier Vallei

Die Matroosberg troon oor hierdie vallei wat gedurende die herfsmaande omtower word in ‘n skouspel van ryke rooi en pers kleure wanneer die wingerde hulself begin voorberei vir die winterrus. Sneeu neerslae kom gereeld op die Matroosberg voor en is kernbelangrik vir die unieke klimaat waar Suid Afrika se mid- en laat seisoen druiwe produseer word – La Rochelle, Sunred Seedless, Crimson Seedless, Bonheur, Dauphine en die ou staatmaker, Barlinka, trek almal voordeel uit die stadige rypwordings proses aan die wingerdstok.

Nothern Province Orange River Olifants River Berg River Valley Hex River Valley
Engels | Afrikaans
Click here to get the latest Recipes from Sati today!
Click here to take a look at our photo gallery.