Vroeƫ Chileense druiwe-oes 65 laer
Vroeë Chileense druiwe-oes 6% laer
Inligtingsdiensverskaffer Decofruit se vooruitskatting is dat oesvolumes van pitlose druiwe in Atacamaand Coquimbo 17K MT laer as in die vorige jaar sal wees. Ongewoon swak weerstoestande in September en Oktober het die beskikbaarheid van vroeë Chileense druiwe met ‘n geskatte 16K MT verlaag vergeleke met die vorige seisoen. Decofruit verwag dat die produksie van uitvoerdruiwe in die Noordelike gebiede gemiddeld met 6% sal daal vergeleke met die 2008/09-seisoen se uitvoere. Superior en Flame Seedless is die twee variëteite wat die kwaaiste geraak word. Die ryp het eweneens ‘n negatiewe impak op die groot produksiestreek van die Aconcagua-vallei gehad, met verwagte verliese van tussen 10% en 30% van die oes. Hoewel die verliese beduidend gaan wees, is dit nog te vroeg om ‘n akkurate aanduiding van die skade te gee aangesien ‘n gedeelte van die produksie tyd sal hê om te herstel. |


.jpg)



