Die Suid-Afrikaanse Tafeldruif Industrie streef daarna om ‘n progressiewe en groei georiënteerde industrie verteenwoordiger te word, wat as `n leier in die globale Tafeldruif Industrie, en as ‘n ware leier in die Suid-Afrikaanse landbou sektor erken word. Ons sal ons industrie se geleenthede binne bestaande markte vergroot asook die industrie se bestaande risiko profiel diversifiseer om te verseker dat die industrie se posisie in die wêreld tafeldruif mark beskerm en verbeter word.
Ons sal aanhou om ons aksies aan ons aandeelhouers en kliënte se behoeftes te vermeerder en te verseker dat ons industrie se effektiwiteit en kompeterendheid verbeter word deur tydige en geloofwaardige industrie inligting en mark intelligensie te verskaf.
Ons sal dit bereik deur die konsolidasie van produsente en uitvoerders se werk, die ontwikkeling van geloofwaardige mense en praktyke binne die industrie, asook die skep van sterk koalisies en vennootskappe met al ons rolspelers.


.jpg)



